BLOU MOORD Afrikaans Edition edition by Annico van Vuuren Literature Fiction eBooks
Download As PDF : BLOU MOORD Afrikaans Edition edition by Annico van Vuuren Literature Fiction eBooks
BLOU MOORD Lokwoorde
“Dis moord hierdie, Lica – deur iemand sonder gewete gepleeg. Dis goed dat jy skrik. Grendel jou venster – sluit jou deur. Kyk twee keer voor elke tree wat jy gee. Drink net uit toe bottels. Eet net waarvan almal eet. Jy is bý met meneer Dreyer se dood. Jy sien; jy hoor – hý weet nie wat jy dalk alles kan aflei nie…” Dis hierdie woorde van Les Ras, oud-skoolvriend van Lica, en nou ‘n vernuftige speurder wat haar met ‘n skok laat besef dat, wat ‘n gesellige reünie moes wees, in ‘n nagmerrie ontaard het.
Vir hierdie groep ou skoolmaats, wat mekaar na meer as vyf en twintig jaar weer ontmoet, het die jeug en onskuld verdwyn. Dit moes plek maak vir die middeljare en verandering – uiterlik, maar veral innerlik. Op een na is die sesmanskap van weleer ook voltallig, en een van hulle, oud-hoofseun Frans, neem die openingsrede waar. Maar dan sak hy skielik inmekaar – sianiedvergiftiging. Het hy dramaties selfmoord gepleeg of is dit moord?
Voordat Les en sy ondersoekbeampte, Buks Venter, nog kan begin soek na leidrade, sterf ‘n tweede slagoffer – hierdie keer is dit onteenseglik moord.
Wie gaan die derde slagoffer wees?
Lica, wat intussen nie kan help om in haar gisters te delf en te verdwaal nie, probeer saam met Les na oplossings soek – sy is mos nie verniet ‘n skryfster van speurverhale nie!
Maar een aand langs die rivier moet sy besef sy weet lankal te veel na die moordenaar se smaak, en…
Met BLOU MOORD slaag Annico van Vuuren weer daarin om haar hoofkarakters te laat lééf, en om die spanningslyn end-uit styf te span. Ook om die leunstoelspeurders wat die ding reg kan uitwerk, selfvoldaan te laat terugsit.
Kom ontspan gerus met die lees van Annico se Lica en Les in BLOU MOORD.
BLOU MOORD Afrikaans Edition edition by Annico van Vuuren Literature Fiction eBooks
Not well integrated. Stop-go-stop-go no flowProduct details
|
Tags : BLOU MOORD (Afrikaans Edition) - Kindle edition by Annico van Vuuren. Download it once and read it on your Kindle device, PC, phones or tablets. Use features like bookmarks, note taking and highlighting while reading BLOU MOORD (Afrikaans Edition).,ebook,Annico van Vuuren,BLOU MOORD (Afrikaans Edition),Annico van Vuuren,FICTION Action & Adventure,FICTION Mystery & Detective Traditional British
People also read other books :
- Katy Perry Quiz Book 100 Fun Fact Filled Questions About Ms Katy Perry edition by Nancy Smith Humor Entertainment eBooks
- The 1% Solution How Small Daily Improvements Produce Massive LongTerm Results eBook Eamonn Percy
- Razing Kayne Walking A Thin Blue Line Book 1 edition by Julieanne Reeves Romance eBooks
- The Science of a New Life Classic Reprint John Cowan 9781333236632 Books
- A Dangerous Man edition by Anne Brooke Literature Fiction eBooks
BLOU MOORD Afrikaans Edition edition by Annico van Vuuren Literature Fiction eBooks Reviews
Baie spannend! Soos altyd "n storie wat jy nie kan neersit nie! Altyd lekker om 'n ander tipe storie te lees! 'n Storie wat aanhou boei! Dankie Annico, kan nie wag om gou weer iets uit jou pen te lees nie!
Die taalversorg van die boek is nie baie goed nie. Daar word soms lomp sinne gebruik en baie spelfoute kom ook regdeur die boek voor.
Ek het hierdie speurverhaal besonders geniet.
Ek het lanklaas so 'n pragtige, versorgde, en mooi taalgebruik teegekom soos wat Annico gebruik.
Ek is trots om Afrikaans te wees en haar boeke te kan lees.
Haar voorblad het my aanvanklike aandag getrek en ek is geensins spyt nie. Nou is ek 'n Annico Van Vuuren Aanhanger.
Welgedaan Annico, ek sien uit daarna om meer uit jou pennevrug te lees.
Baie goed
Not well integrated. Stop-go-stop-go no flow
0 Response to "[SAQ]≫ [PDF] Free BLOU MOORD Afrikaans Edition edition by Annico van Vuuren Literature Fiction eBooks"
Post a Comment